browser icon
You are using an insecure version of your web browser. Please update your browser!
Using an outdated browser makes your computer unsafe. For a safer, faster, more enjoyable user experience, please update your browser today or try a newer browser.

Invest in Verkykerskop

The historic village of Verkykerskop, hidden away off the beaten track on the north-eastern Drakensberg escarpment, is about to awake! The Verkykerskop Developers’ Consortium, with its partner the Verkykerskop Boerevereniging, welcomes you to share in the village’s heritage and the good old life you’ve been longing for.As more and more true South Africans are trekking back to their roots in search of this life and for other good reasons, the market has responded by offering these connoisseur investors an exciting array of opportunities. But the reason why you would choose Verkykerskop as your family base for generations to come has something to do with becoming part of a warm farming community in a traditional farming district. Back to your roots. Your soil.It is difficult to single out our greatest asset in comparison to those of the many beautiful country places you could choose from, but we would venture to say it is the soul of the people, the character of the village and its sense of place. To this day it portrays the early 19th century Boere uitspan plek it started out as. In addition to the historic police station, which was recently developed into a modern facility, existing historic buildings include the old eenmanskooltjie, which has been renovated into a cottage, an old Edwardian farmhouse that is being operated as a Afsluit Gastehuis, the “kooperasie winkel” (general dealer), now housing Smileys Restaurant, the old mill, and a few old houses that have been put to use as guesthouses and backpackers’ rooms.The auction kraals and adjacent boeresaal are the main social and commercial colocation of the community. Apart from our New Year dances, boeresport and fun rides on horseback, we recently hosted shows by big entertainers such as Valiant Swart, Ollie Viljoen, Frank Opperman, Karin Zoid, Jannie du Toit, Parletones and Chris Chameleon.In terms of the development concept, the existing settlement and the 85-ha surrounding it will form the nucleus of an extended, tranquil country village. The village and outskirts will accommodate a range of sports facilities and outdoor activities, with the veld and natural vistas on the farm being conserved. Sustainable farming will continue and we have already established a Nguni herd and an Arab stud. The village and estate theme is not bound to a particular brand, such as golf, polo, game lodge or the like. Instead, we are striving to facilitate the gradual development of a very livable place which is not alien, but which provides a range of lifestyle activities.Entrenching these values, the Spatial Development Framework of the Phumelela Local Municipality is being amended to make provision for a range of housing opportunities in terms of density, arrangement and style. These include village square, mixed-use apartments, dorp erven, rural hamlet cottages, larger freehold stands and agricultural “burger” erven. We are far advanced with the planning and development process and the first phase of services stands will be offered shortly. Die historiese gehuggie Verkykerskop, knus weggesteek in die Klein Drakensberg platorand van die Noord-Oos-Vrystaat, is aan’t ontwaak. Die Verkykerskop Ontwikkelings Konsortium bestaande uit die Verkykerskop Boerevereniging en ander grondeienaars verwelkom u graag om deel te word van ons erfenis en die lewe van vergange waarna ons almal verlang. Soos wat al hoe meer Suid-Afrikaners die Nuwe Trek aandurf in hul soeke na hul wortels en vir sosio-ekonomiese redes, het eiendomsontwikkelaars spoedig gereageer deur ‘n verskeidenheid uitsoek beleggings geleenthede in die mees verrassende plattelandse plekkies daar te stel, en ons almal verwelkom dit. Maar die rede waarom ons dink Verkykerskop die plekkie is waar u en u familie sal wil nesskrop vir die generasies wat kom het iets te doen met die deelword van ‘n warm Boeregemeenskap in ‘n tradisionele boerdery omgewing. Keer terug na jou wortels, jou grond! Dis nie maklik om ons mees uitstaande bates bo die van baie ander pragtige wegbreek bestemmings uit te lig nie, maar ek sou dit wel waag om te se dis die siel van ons mense gesetel in die magiese aantrekking van hierdie plaasdorpie teen die voet van Tafelkop. Eintlik is Verkykerskop maar steeds die negentiende eeuse Uitspanning waaruit dit ontstaan het, en kwalifiseer kwalik as ‘n dorp. Vandaar die verwysing na Plaasdorp. Ons is eg trots op die nuut opgeknapte polisiestasie wat meer as 100 jaar gelede gevestig is as ‘n veediefstal buitepos, gelee reg langs die Boeresaal en veilingskrale wat uit dieselfde era dateer. Die ou eenmanskooltjie, wat sy deure reeds in die vyftigerjare moes sluit, is pragtig opgeknap en word as ‘n kothuis aan toeriste verhuur. Afsluit Gastehuis, ‘n Eduardiaanse klipgebou met stoepe reg rondom, is ‘n tipiese voorbeeld van die herehuise wat tydens die heropbou na die Boere- oorlog oral in die Riemland verreis het. Die plaas Aansluit waarop hy staan, en die buurplaas Rusdal, se name wek patriotiese herinneringe van die Boere se voor-en-na oorlog wedervaringe. By die kooperasiewinkel kom laai jy nie net jou pale en brandstof en voer op nie maar dis vandag nog die koffiekryplek waar vriende vashaak. Laangsaan die kooperasie is die Algemene Handelaar nog met sy oorspronklike plankvloere en lang mahonie toonbank, waar jy ook jou pos optel. Dit is ook omskep in ‘n restaurant wat gou naam gemaak het met sy selfhelp Sondag middagete – die beste in die kontrei (lees Anne- Marie se belewenis daarvan in hierdie uitgawe). Dan is daar nog enkele ou kliphuise in die gehuggie agter die winkel wat tans gerestaureer word om as gastehuise te dien; so is die ou grofsmitwinkel reeds ingerig vir oorslaap besoekers.Die Boerevereniging se infrastruktuur sluit in die veilingskrale, boeresaal en ou poskantoorgebou, en dis hier waar die groot bymekaarkom eintlik plaasvind. Ons hou van tyd tot tyd perdeveiling (slegs perde onder die saal), sowel as gereelde vetvee-, skaap- en teelveilings. Spesiale geleenthede sluit in Boeredae, Nuwejaarsdans, en kuns- en musiekfeeste. Van toeka se dae of al het ons van die gewildste boere-orkeste hier gehad, maar meer onlangse kunstenaars sluit in Valiant Swart, Ollie Viljoen, Chris Cameleon, Frank Opperman, Jannie du Toit, Parletones, Karen Zoid en so aan. Die video De la Rey is ook hier by ons geskiet. Verkykerskoppers is almal perdegek en ons is tans besig om ons gymkhanabaan ook op te knap. Baie gewild onder oud en jonk is ons pretritte na die berge van die omgewing, en die Boeresport en perdespeletjies op Geloftedag by Bo-Cornelius net buite Verkykerskop.

Ons het agtergekom dat al hoe meer mense van buite, of dit nou stadsfamilie of kennise of toevallige verbygangers of soekers is, jaloers begin raak om deel te word van die Verkykerskop gemeenskap en om ons vars lug te adem. ‘n Heel paar gesinne het hoeka reeds bele of gevestig in die gehuggie en op plase in die distrik. Die naaste dorpe is ook ver, en ons het derhalwe gevoel ons gehuggie kan doen met ‘n bietjie opknapping van infrastruktuur en geriewe, en so het die nodigheid onstaan om die opknappings- en uitbreidingsplanne te formaliseer.

Gerugsteun deur die Ontwikkelings Konsortium het die Phumelela Munisipaliteit die streeksbeplanningsfirma Louw Muller en Vennote so paar jaar gelede aangestel om ‘n Ruimtelike Ontwikkelings Raamwerk daar te stel met die deelname van die breer gemeenskap, die provinsiale owerheid en die Departement van Landbou. Na afhandeling van verskeie spesialis studies wat daarop gerig is om die regte balans te vind tussen ontwikkelingsbehoeftes, landbou, volhoubare hulpbronbenutting, en omgewingsbewaring, is die finale raamwerk dokument onlangs aan die owerhede voorgele. Die positiewe komentaar vanuit die openbare deelname proses en verskeie vergaderings was oorweldigend, en die volgende stap na goedkeuring sal nou wees om formele dorpstigting te doen en die infrastruktuur te ontwikkel.

Volgens die ontwikkelings konsep sal die bestaande historiese gehuggie en die aangrensende 850 hektaar plaasgrond die kern vorm van ‘n uitgebreide formele landelike ontwikkelings node. Die verskeidenheid sportgeriewe en buitelug ontspannings geriewe wat aan die buitewyke van die dorpie daargestel sal word, vorm ‘n sagte oorgang na die omringende berg, veld en vlei.

Aansluit Landgoed is op die meentgrond gestig met die doel om volhoubare landbou voort te sit maar met ‘n sterk bewarings fokus, terwyl inwoners en besoekers entosiasties betrek word. Kom kuier gerus by ons pragtige Nguni kudde en die Aboukir Arabierperd Stoet, of raak net verlore in die pragtige valleie op die plaas, of dit nou met jou verkyker, visstok of op jou perd se rug is.

Hoewel ons aan soveel as moontlik behoeftes wil voldoen, waak ons daarteen dat die village en landgoed tema op ‘n eensydige manier gebrandmerk word, soos byvoorbeeld ‘n golf of polo of equestrian of trout estateof ‘n game lodge. Nee, meeste van die goed sal uiteindelik daar wees, maar ons visie is die geleidelike uitbouing van ‘n lewende plaas dorpie met ‘n velerlei karakter.

Derhalwe maak die Ontwikkelings Raamwerk voorsieining vir ‘n verskeidenheid behuisings geleenthede in terme van digtheid, karakter en steil. Die keuse sluit in dorpshuisies tussen die besigheidsgebruike in die ou historiese gehuggie, burgererwe daar langsaan waar jy miskien ‘n koei kan aanhou en ‘n paar vrugtebome kan natlei, ‘n paar landbou hoewes, ‘n paar eksklusiewe landgoed erwe weggesteek iewers op die rand van ‘n krans, en ‘n hamlet bestaande uit ‘n paar losse kliphuisies so klipgooi buite die dorp in ‘n diep kloof.

Ek is seker hierdie eerste bekendstelling het u mond laat water. Indien so, kom bly by ons oor vir ‘n paar dae en beleef ons tafelkop berge en vleilande, eet afval in Smileys, ry perd en gooi ‘n lyntjie.

Ons deel met graagte verdere besonderhede met belangstellendes.

Louis Grobler, Verkykerskop Groete

Investors Prospectus

Land description

Title descriptions

back to Home page